Kumba Hardekool bergfietswedren hierdie naweek
THABAZIMBI – Die jaarlikse Kumba Hardekoolbergfietswedren word more, 17 Oktober, te Ben Alberts Natuurreservaat aangebied.
Die uitdagende Kumba Hardekool bergfietsresies is ‘n jaarlikse instelling, en ook ‘n familiedag waaraan almal kan deelneem. Daar is ‘n maklike 10km roete, ‘n 35km vir die wat bietjie kan fietsry en ‘n 70km vir die brawe deelnemers.
Kom ry tussen die wild met jou bergfiets en geniet verversings by die waterpunte op die roete. Daar is groot pryse op die spel en medaljes aan alle deelnemers. Vir die hongeres sal daar verversings te koop wees en ‘n springkasteel vir die jongklomp. Moenie hierdie jaarlikse geleentheid misloop nie. Inskrywings kan steeds vanaand, 16 Oktober vanaf 17:00 – 21:00 en môre, 17 Oktober, om 06:00 – 07:45 op die terrein gedoen word. Wegspring is stiptelik om 08:00. Vir verdere inligting, skakel die organiseerder, Johan Pienaar by 082 468 0142.