Jabulani Hengelkompetisie oor twee naweke

MAKOPPA – ’n Heerlike visvangdag aangebied deur Huis Immergroen, Thabazimbi vind op 31 Oktober te Makoppa plaas.
Spanne kan reeds vanaf 05:00 by die hoofhek inskryf en nie vanaf 07:00 soos verlede week berig nie. Inskrywings beloop R600 per span per pen terwyl nie-hengelaars teen R50 per persoon, die dag saam kan geniet. Die kompetisie begin om 07:00.
Pryse vir die swaarste karp, swaarste barber, swaarste kurper, swaarste sak asook hope ander pryse is op die spel.
Die hengelreëls is soos in die verlede, penne word getrek vir die 3 persone per inskrywing, slegs 3 persone per pen word toegelaat (penmaats). Slegs persone wie vir die kompetisie ingeskryf het, mag in die dam hengel, slegs 2 stokke per hengelaar word toegelaat, geen bote, aasbote of kano’s word toegelaat nie, Hengelaars mag tot onder-arm diepte in die dam instap om ’n vis te speel of uit te haal, op eie risiko aangesien daar ’n moontlikheid van krokodille is.
Akkommodasie kan per vooraf bespreking gereël word by Dawie of Kobus Snyman.
Kontak Jaco van Vuuren 082 439 1440, Dawie Snyman 083 306 6346 of Kobus Snyman 083 230 4037 vir verdere inligting.