Geliefde inwoner oorlede
THABAZIMBI – ‘n Bekende in Thabazimbi en ou inwoner, Willemien Scheepers is op Vrydag 9 Oktober oorlede.
Sy is gebore op 21 November 1945 te Krugersdorp en is sedert 1973 woonagtig te Thabazimbi. Willemien was geliefd by almal wie haar geken het, haar vriendelikheid en behulpsaamheid in die gemeenskap sal gemis word, veral by die NHSV.
Sy word vandag, Vrydag 16 Oktober om 11:00 uit die Hervormde Kerk Vliegepoort begrawe.
Willemien word oorleef deur haar drie seuns, Tinus, Hannes en Tjaart, skoondogters en vyf kleinkinders.