A Capella verskeidenheid by die KunsteGrot
THABAZIMBI – Nog net ‘n week dan is dié rebelle van a capella hier met ‘n produksie propvol nuwe treffers van onder andere The Bee Gees, Bryan Adams, Jannie Moolman, Steve Hofmeyr, Rolling Stones, Celine Dion, Grease, en selfs ‘n keurspel van Kurt, Theuns en Nicholis Louw…elk verwerk op die unieke Navi Redd manier. Geen “back-tracks”, geen musiekinstrumente! ‘n Mengsel van klank, humor en energie wat jy nie mag misloop nie! .
Saterdagaand 24 Oktober om 19:00 kry Thabazimbi en omgewing geleentheid om hierdie begaafde klomp jong manne in aksie te sien by die KunsteGrot. Daar is nog enkele kaartjies beskikbaar teen R120 per persoon.
‘n Beroep word op diegene gedoen wat bespreek het en nog nie die kaartjies afgehaal het nie, om asseblief dringend vir Rita te kontak.
Kaartjies vir Mathys Roets se optrede op 25 November is reeds beskikbaar. Bespreek maar gou om teleurstelling te voorkom.
7 November bied die KunsteGrot die eerste Kunsmark aan, wat ‘n maandelikse instelling sal wees. Indien daar nog uitstallers is wat wil meedoen, kontak asseblief onverwyld.
Vir alle navrae en besprekings, kontak Rita by 083 7448559.