Sport

27 medaljes vir skopboksers by Great North

Die span wat deelgeneem het aan die Great North 3 Skopboks Kampioenskappe was (agter van links) Marius van der Wald, Lourens du Plessis, Dawie Grobbelaar, Shawn Scrooby, Bennie Labuschagne en Werner Rall. In die middel is Dieter du Plessis, Canard du Toit, Kyle Dyer, Simeon du Toit en Francheska Lamprecht. Voor is Helgardt Fletter, Cindi Human, Rhoan Erasmus en Essias Lamprecht.

THABAZIMBI – Thabazimbi skopboksers het 27 medaljes huis toe gebring ná die derde Great North Skopboks Kampioenskappe, wat 3 Oktober aangebied is tydens ‘n sportnaweek by die Emerald Casino in Vanderbijlpark.

Tydens die derde been van die Great North Kwalifiserende Toernooi vir skopboksers het Thabazimbi Skopboks weer sy reputasie as een van die mees kompeterende klubs gehandhaaf  toe 6 goue, 13 silwer en 8 brons medaljes verower is.

Al veertien Thabazimbi skopboksers, beginners ingesluit, het hulself onderskei met ‘n hoë skoptempo en vinnige handewerk wat beloon is met oorwinnings. Selfs waar tweede en derde plekke behaal is, was dit teen uitsonderlike sterk opponente en groot afdelings met baie gevegte. In een afdeling moes Dawie Grobbelaar 8 gevegte kafdraf om tot by die finaal te vorder.

Ander merkwaardige prestasies is behaal deur Bennie Labuschagne en Kyle Dyer wat albei as juniors teen senior vegters, met baie ondervinding nasionaal en internasionaal, hul staal in Volkontak Uitklopgevegte gewys het.

Die gevegte is geskeduleer om op Supersport vertoon te word later vandeesmaand. Volgens hul afrigter, sensei Peet van Breda, is hy trots op sy deelnemers en hul prestasies. Na al hul harde en getroue werk tydens oefeninge, is hulle, wat hom betref, wen of verloor, almal kampioene.
Thabazimbi skopboks bedank ook die volwassenes wat gehelp het as skeidsregters, tafelpersoneel en beamptes.