Sport

Uitslae Meesters Jukskei Kampioenskappe

KROONSTAD – Die jaarlikse toernooi het vanaf 28 September tot 1 Oktober 2009 te Kroonstad plaasgevind.
Negentien Unies van oor die hele land het deelgeneem. Limpopo Jukskei-Unie se spanne het as volg geëindig:
Mans A behaal die 12de plek, terwyl Mans B in die negendeplek eindig. Die Dames B1 neem die 7de plek in en Dames B2 eindig in die 14de plek.
Groottotaal: 1ste Noord-Kaap, 2de Noord Vrystaat, 3de Oos Vrystaat, Limpopo eindig 7de.
Op Saterdag 3 Oktober het “Die Kampioene van Kampioene” Jukskei saamtrek plaasgevind te Kimberley. Limpopo was verteenwoordig deur drie spanne. Die spanne het as volg presteer met name van spelers:
Span 1 – 5de plek – Bossie Liebenberg (K), Chris Swanepoel, Martin van Rensburg en Jannie Engelbrecht.
Span 2 – 1ste Goud – Daphne Liebenberg, Bertus Els, Jaco Pretorius en De Graaff Genis (L). Span 3 – 1ste Goud – Werner Swanepoel, Janus Genus, Francois van Zyl en Cois van Zyl (K).
Groottotaal: 1ste Limpopo – Kampioene trofee, 2de Noord-Kaap en Noord Vrystaat in die 3de plek.
Op Saterdag 17 Oktober 2009 word daar ‘n keuring om 08:00 te Polokwane gehou. Juniors sal keur vir SA Skole Kampioenskappe en Seniors vir die Noord Streek Kampioenskappe te Klerksdorp op Saterdag 7 November 2009. Nege spanne wat gemeng sal wees word gekies.