Oudste Bosveld-oord inwoner vier 92 jaar
THABAZIMBI – Tannie Lena du Preez van Bosveld-oord het op 8 Oktober haar 92ste verjaarsdag gevier.
Tannie Lena is in 1917 op die plaas Loubad in die Nylstroom omgewing gebore. Haar eggenoot is in 1980 oorlede en uit die huwelik is daar ‘n seun en ‘n dogter gebore. Tannie Lena beleef tans haar vyfde geslag en woon in Bosveld-oord vir die afgelope 12 jaar waarvan sy steeds self onderhoudend is en maak haar ook die oudste inwoner van Bosveld-oord. “Die Hoërhand weerhou Homself nooit daarvan om ‘n mens op sy voete te rig nie, en ook nie om behoedend verder saam te stap nie,” is die wysheid waarvolgens tannie Lena leef. Die inwoners van Bosveld- en Sonskyn-oorde en die Bybelstudiegroep wens haar seën, voorspoed en krag toe.