Laaste kompetisie vir Northam Hengelklub

Die prysgeldwenner in die Seniors Afdeling tydens die hengelkompetisie was Theunis Botha (regs). Hier ontvang ‘n dankbare Botha sy prysgeld van klubvoorsitter, Demsie du Toit.
Die prysgeldwenner in die Seniors Afdeling tydens die hengelkompetisie was Theunis Botha (regs). Hier ontvang ‘n dankbare Botha sy prysgeld van klubvoorsitter, Demsie du Toit.

NORTHAM – Northam Hengelklub het die afgelope naweek, 3 en 4 Oktober, die laaste klubkompetisie vir die jaar aangebied. Dit het plaasgevind by die Olifantnekdam in Rustenburg.
Die kompetisiewenners is bepaal deur die hengelaars wat die swaarste sak vis gevang het in elke afdeling. Die kompetisie het oor 26 uur gestrek; dit het om 11:00 Saterdag begin en teen 13:00 Sondag ten einde geloop.
Ten spyte van ongure weer met reën dwarsdeur die nag, het die Seniors Afdeling se Willem Heydenrych tydens die reënbuie die meeste vis vir sy sak gevang.
Altesaam 47 hengelaars het deelgeneem en 52 vis is gevang met ‘n totale gewig van 76.3kg.
Die Seniors Afdeling se puntestryd is gewen deur Willem Heydenrych (eerste), Theunis Botha (tweede) en Tokkie Burger (derde). In die Dames Afdeling was Quintilene du Toit eerste, Elsie Veldman tweede en Nicolene Heydenrych derde.
Die Juniors Afdeling is gewen deur Ronaldo du Toit, met Charl le Roux tweede en Marcel Evert derde. Die Penkoppe Afdeling is gewen deur Armand Pretorius en Theunis Heydenrych was tweede. Daar was geen derdeplek-wenner nie. 
Die prysgeldwenners was Theunis Botha (eerste), Tokkie Burger (tweede) en Riaan Kruger (derde) in die Seniors Afdeling. In die Dames Afdeling was die prysgeldwenners Quintilene du Toit (eerste), Elsie Veldman (tweede) en daar was geen derdeplekwenner nie.
In die Juniors Afdeling was die prysgeldwenners Ronaldo du Toit (eerste) Charl le Roux (tweede) en Marcel Evert (derde). In die Penkoppe Afdeling was die prysgeldwenners Theunis Heydenrych (eerste) en Armand Pretorius (tweede). Daar was geen derdeplekwenner nie.