Kumba Hardekool bergfietswedren volgende naweek
THABAZIMBI – Of jy nou ‘n driewiel het of ‘n volbloed bergfiets, volgende naweek se Hardekoolbergfietswedren beloof om beide pret en avontuur vir bergfietsgeesdriftigers te wees.
Die uitdagende Kumba Hardekool bergfietsresies op Saterdag 17 Oktober te Ben Alberts Natuur Reservaat reg langs Thabazimbi Gholfbaan, is ‘n jaarlikse instelling, en ook ‘n familiedag waaraan almal kan deelneem. Daar is ‘n maklike 10km roete, ‘n 35km vir die wat bietjie kan fietsry en ‘n 70km vir die brawe deelnemers.
Kom ry tussen die wild met jou bergfiets en geniet verversings by die waterpunte op die roete. Daar is groot pryse op die spel en medaljes aan alle deelnemers. Daar sal ook verversings te koop wees vir die honger toeskouers en ‘n springkasteel vir die jongklomp. Moenie hierdie jaarlikse geleentheid misloop nie. Skryf nou in op webtuiste: entrytime.com of by Active Life Gym, Pick n Pay sentrum. Inskrywings kan ook op 16 Oktober vanaf 17:00 – 21:00 en 17 Oktober om 06:00 – 07:45 op die terrein gedoen word. Wegspring is stiptelik om 08:00. Vir verdere inligting, skakel die organiseerder, Johan Pienaar by 082 468 0142.