Bosveld-oord hou hoed-dag

THABAZIMBI – Die bejaardes van Bosveld-oord het met hul vergadering op Woensdag 7 Oktober hul “kombuis hoede” gedra.
Met hierdie hoede, wat slegs uit kombuisware bestaan, kon die bejaardes vrye teuels aan hul verbeelding gee om unieke hooftooisels te skep.
Hulle skeppingsvermoë is nog lank nie uitgeput nie, en die hoede het goeie vermaak verleen tot die vergadering. Die beoordeling het na afloop van die “hoed parade” plaasgevind. Mev Marietjie van der Merwe van die VLU Thabazimbi was die beoordelaar.