General

Toyota Enviro Outreach vat die lang pad – Buddy deel die avontuur

Die Toyota Enviro Outreach – ‘n epiese tog deur die nasionale parke van Zimbabwe en Malawi om plaaslike bewaringsinstansies te help om hul omgewings- en bewaringsplanne volhoubaar te maak – het gister (1 Oktober 2009) by die Southern African Wildlife College (SAWC) weggespring.
Die Enviro Outreach voorspan, onder die kundige leiding van Gerhard en Elmarie Groenewald van die Klipbokkop Mountain Reserve, het by die SAWC naby Orpen op die grens van die Kruger Nasionale Park saamgetrek met die reuse-taak om al die nodige toerusting te pak vir ‘n drie weke lange tog deur Afrika te voltooi.
Na vyf harde dae van meet, pas en pak het die altesame 10 Toyota IMV’s (7 Hilux-bakkies en 3 Fortuners) en vier Jurgens CI XT140 veldsleepwaens die SAWC gisteroggend om 4 vm verlaat en daarna hulle neuse noord tot by Pafuri-grenspos gedruk om vandaar na Zimbabwe oor te steek.
’n Verdere verrassing op hierdie ekspedisie is die belangrikste eregas: Dis Toyota se jongste segspersoon, of sou ’n mens sê segshond? Ja, dis Buddy, die mensagtige bokser-hond wat met sy manewales in die jongste Toyota Corolla TV-advertensie diep in mense se harte gekruip het…
Buddy sal al die aktiwiteite tydens die tog deur die agterruite van die Hilux’e en Fortuners gade slaan – simpel grynslag boonop – en oor al sy wedervaringe in sy blog op www.toyotaoutreach.co.za en www.litnet.co.za vertel.
Die Enviro Outreach het ten doel om die groter nasionale parke in Zimbabwe en Malawi te besoek om die SAWC te help om oud-studente se vordering in hul eie werkplek te monitor. Die SAWC sal ook werkswinkels aanbied en hulp verleen om plaaslike bewaringsinstansies verder te bemagtig in hul pogings om die natuur en omgewing te bewaar.
Onder leiding van die Wildlife and Environment Society of South Africa (WESSA) sal intensiewe omgewingsnavorsing en opleiding gedoen word, met die fokus op skoner lug en water, en die voorkoming van ontbossing. Hoogs gekwalifiseerde wetenskaplikes en navorsers soos Professor Michelle van der Bank, Jennifer Newenham en Oliver Maurin sal hul kundigheid en ondervinding oordra.
Die ekspedisie is beplan vir 21 dae en ’n beraamde 5 500 kilometer sal afgelê word voordat die Outreach span terugkeer na die SAWC.
As deel van die Outreach sal Buddy ook ‘n kompetisie aanbied: Luister na Cobus Bester van RSG wat vanaf 2 Oktober gereeld op die program Monitor oor die Enviro Outreach sal gesels. Na elke uitsending sal daar ’n vraag wees oor Buddy wat op die Outreach-blog beantwoord moet word. Die vraag sal ook op die blog verskyn