General

Rooivleis Produsente praat oor Veldvleis

Elana Greyling
VAALWATER – Met die fokus wat al hoe meer in die akademie en in praktyk op die sogenaamde veldvleis begin val, was dit ook dan die onderwerp van die Rooivleis Produsente Organisasie by die konferensie wat as deel van die Waterberg Wildsfees die afgelope naweek aangebied is.
Professor Frikkie Neser glo rooivleisproduksie kan selfonderhoudend wees, mits al die opkomende boere saamwerk. Die invoere van vleis met ‘n sterker Rand, wildboerdery en mynbou is die drie grootste faktore wat die rooivleisbedryf bedreig. Met vleis wat duur word, kan al hoe minder mense dit bekostig. Dit laat die aanvraag, volgens Neser krimp.
Om volhoubaar te kan boer, moet rooivleisprodusente vir ‘n nismark kan produseer. Dit is bewys dat inheemse beesrasse se vleissagtheid van hoë gehalte is en dat die rasse dus ideaal is vir die produksie van veldvleis. Neser glo Europese rasse kan nie kers vashou by liggaamskondisie telling as dit kom by die veldafronding van inheemse rasse.
Nog ‘n groot faktor is aanpasbaarheid van die diere. Natuurlike seleksie handel oor vrugbaarheid en oorlewing, beide faktore wat nie baie oorerflik is nie. Albei hierdie faktore word ook dramaties beïnvloed deur inteling (negatief) en kruisteling (positief).
Die nismark moet egter ontwikkel word. Namibië en Botswana het reeds die kwessie van naspeurbaarheid opgelos en voer uit na die Europese Unie.
Maar, glo Neser, een ras en een teler kan dit nie doen nie. Dieselfde kwaliteit produk moet heeljaar gelewer kan word. Telers en rasse moet saamwerk om hierdie mark volhoubaar te kan voorsien.
Dr Dietmar Holm, ‘n veearts, het kom gesels oor biosekuriteit. Veeartse is besig om ‘n dokumentasie te ontwikkel wat ‘n boer met behulp van sy plaaslike veearts kan invul en so ‘n biosekuriteitsplan spesifiek vir sy behoeftes kan uitwerk. Wanneer hierdie plan effektief bestuur word, is naspeurbaarheid en natuurlik geproduseerde vleis ‘n haalbare moontlikheid.
Dis nodig vir ‘n realistiese vergelyking tussen voerkraal-vleis en veldvleis om te bepaal of dit haalbaar en volhoubaar is, glo dr Phillip Strydom van die LNR.
Hy het toetse op die vleis gedoen afkomstig van veld- en voerkraalgevoerde beeste. Veldvleis het ‘n hoër persentasie yster, onversadigde vetsure, Omega 3 en 6. Die verhouding van versadigde en onversadigde vetsure is ook belangrik.
Rooivleis is oor die algemeen baie gesonder as wat mense dink, mits dit maer vleis is. Dit is egter nog nie, volgens Strydom bewys dat veldvleis fisiologies gesonder is as ander rooivleis nie.
Die smaak is beslis meer intens in veldvleis, maar die verbruiker se voorkeur speel hier ‘n rol. Die kleur van vet, in veldvleis ‘n romerige kleur en meer gesond, is nog nie algemeen bekend nie. ‘n Wanopvatting bestaan dat geel vet dui op ou, taai vleis. Dis egter net ‘n aanduiding dat die dier natuurlik geproduseer is, wat meebring dat dit stadiger vet word en dus wel effe ouer is. Die helder rooi kleur van vleis is vir verbruikers meer aanvaarbaar en hou langer in veldvleis.
Smaak en sagtheid is ook belangrik, maar jong vleis is nie noodwendig sagter nie. Sappigheid hang weer af van die gaarmaakproses.
Hy glo verbruikers moet ingelig word oor die voordele van rooivleis in die algemeen en meer toetse moet gedoen word oor die voordele van veldvleis.
Rachelle Cloete is van ‘n maatskappy GMP Basic wat naspeurbaarheid van vleis ondersoek. Hulle het tegnologie ingespan om die ketting vanaf die merk van die individuele dier tot ‘n rekenaarprogram. Vir uitvoer is naspeurbaarheid van uiterse belang, maar dit verg effektiewe rekordhouding, ‘n daaglikse roetine. Dit verg tyd en volgens Cloete is tyd, mos geld. Sy glo dit is haalbaar as die industrie saamwerk. Naspeurbaarheid begin by die boer, maar moet ook deurgevoer word na die slagpale en vleisverwerker. Dit is alles moontlik. Daar moet egter op RPO-vlak reeds saamgestaan en saamgewerk word. Sy glo dit sal ‘n drie jaar plan benodig.
Die laaste woord oor veldvleis is beslis nog nie gespreek nie, maar dit regverdig beslis verdere ondersoek, glo mnr Marinus van Dyk, RPO Limpopo bestuurslid en organiseerder van die dag.