SETARIA – Mej Setaria 2009 is Saterdag 19 September 2009 tydens ‘n skemerkelkgeleentheid in Setaria se Rekreasie Klub gekroon. Die gaskunstenaar, Izak Davel en aanbieder, Jade Storm het behoorlik die gehoor aan hul voete gehad.
Die finaliste het vroegdag opgedaag om saam met Julandi Mac Vay, model geograaf, die loopplank aan te durf. Die finaliste was opgetower met grimering deur Alta van Salon Alayzea in Swartklip en hulle hare is versorg deur Julandi Mac Vay en Erika Heymans.
Karla Viljoen is gekroon as Mej Setaria 2009, Chane Mac Vay as 1ste Prinses en Robin Graaff as 2de Prinses.
Die finaliste het met hulle swemdrag en aanddrag die gehoor se asems weg geslaan. Tussendeur het verskeie ander deelnemers ook hulle talent vertoon. Orelia Pretorius het gedans op Michael Jackson se “I’m bad”, Thereasa Tolmay het ‘n skopboks demonstrasie gelewer en Demi Mac Vay ‘n hip-hop asook ‘n moderne dans.
Die “chaperones” David Mac Vay en Phillip Benade het spiere gewys waar hulle die finaliste met hulle aandrag ingebring het.
Die beoordelaars vir die aand was Gary Graham (Thabazimbi Gastehuis), Flip Viljoen (Rekreasie Klub Bestuurder), Nick Kriel (Best Practice en TSD Bestuurder) en Mericke Davel (Izak Davel se vrou).
Verdere toekenning het gegaan aan Bianca Swanepoel wat gekroon is as Mej Bene 2009, Leandri Erasmus as Mej Persoonlikheid 2009 en Jean-Mari van der Veen as Mej Fotogenies 2009.
Die “cocktail” aand is gereël deur Thereasa Tolmay en Orelia Pretorius, komitee lede van Barney Kleuterskool. Die aand was ‘n reuse sukses en 150 mense het dit bygewoon.
Almal wat betrokke was by die funksie word ook vir hulle harde werk bedank.
Organiseerders en titelwenners van die Mej Setaria Kompetisie is op die foto agter vlnr: Thereasa Tolmay (Organiseerder), Orelia Pretorius (Organiseerder), Robin Graaff (2de Prinses), Bianca Swanepoel (Mej Bene), David Mac Vay (Chaperone), Chané Mac Vay (1ste prinses), Leandri Erasmus (Mej Persoonlikheid) en Julandi Mac Vay (Model geograaf). Voor vlnr: Jean-Mari van der Veen (Mej Fotogenies) en Karla Viljoen (Mej Setaria 2009).