Business

Grootste wildveiling in SA

THABAZIMBI – Die baie bekende wildsplaas Thaba Tholo naby Thabazimbi het hul heel eerste wildveiling van slegs skaarswild op Woensdag 23 September 2009 aangebied.
Die wildsplaas het ‘n omset van bykans R51.4 miljoen behaal met ses nuwe Suid-Afrikaanse rekordpryse wat tydens die veiling opgestel is, wat dit die grootste wildveiling wat nog in Suid-Afrika aangebied is, maak.
Die diere wat aangebied was, was van uitstaande gehalte, veral was die vraag na Zambiese swartwitpense en buffels sowel as die waterbokbulle buitengewoon goed.
Die grootste verrassing was die verkoop van ‘n buffelbul teen ‘n nuwe rekordprys van R3.4 miljoen. ‘n Verdere 5 nuwe rekords is aangeteken vir onder andere Zambiese swartwitpenskoeie, ‘n waterbokbul, ‘n steenbokteelgroep, buffelteelgroep en buffelkoeie. Die rekord op Zambiese Swartwitpens koeie is 4 keer verbeter met ’n nuwe rekord van R825 000, die waterbokbul se nuwe rekord van R100 000 oorskadu die ou rekord van R20 000, die steenbok teelgroep verbeter die ou rekordprys met R500 en behaal R3000, die buffel-teelgroep behaal ’n nuwe rekordprys met R440 000 teenoor die ou rekord van R295 000, terwyl die Buffelkoeie se nuwe rekordprys met R150 000 verbeter met R600 000.
Die plaas word bestuur deur Rubin Els, bygestaan deur ’n uitstaande span wat insluit Andrien White, Dennis Stander, André Neethling, Piet Monyani, Johannes Maine en al die ander werkers.
Die eienaars van die plaas is Mike Mc Grath, me Ester Ludin, Francois Geldenhuys, Me Twing Louw, Jurie en Inge Moolman asook me Ardynn Moolman.
Die veiling was aangebied deur Vleissentraal Bosveld van Potgietersrus, en die pryse was as volg:
Die pryse van diere op katalogus verkoop:
Vier kameelperde verkoop teen ’n gemiddelde prys van R14 500, waarvan die hoogste R15 000 behaal. Vier renosters word opgeveil teen ’n gemiddelde bedrag van R205 000, met die hoogste bedrag op R240 000.
Een jong witrenoster bul is opgeveil teen R200 000 en bring die totale omset vir katalogus wild op R1.078 miljoen.
Pryse op wild in hokke het die volgende behaal:
Vyftien Buffels (familiegroepe) word opgeveil teen ’n gemiddeld van R363 333 met die hoogste bedrag R440 000. Die volgende wild is ook teen ’n goeie gemiddelde bedrag opgeveil: Twintig buffelkoeie teen R439 500, 20 njalas (familiegroepe) teen R5324, 5 witrenosters (familiegroepe) teen R198 000, 8 steenbokke (familiegroepe) teen R3000, 12 swartwitpense (familiegroepe) teen R157 500, 12 swartwitpenskoeie teen R171 667, 16 Zambiese swartwitpenskoeie teen R595 625, en 9 waterbokke (familiegroepe) teen R9000. Die manlike diere het die volgende gemiddeldes opgelewer: 3 bastergemsbokke teen R45 000, 14 buffels teen R660 357 met R3.4miljoen as hoogste bedrag, 13 njalas teen R7489, 23 swartwitpense teen R63 914, 25 Zambiese swartwitpense teen R414 400, 2 waterbokke teen R52 000 met R100 000 as hoogste bedrag. Die totale omset van hok veiling het R50 217 850 beloop wat dan die totale omset van die veiling van hok en katalogus op R51 395 850 te staan laat kom het.
Die laaste wildveiling in die Limpopo provinsie vind op Saterdag 3 Oktober 2009 te Gravelotte plaas, dit is ‘n Swartwitpens veiling waar daar 200 Swartwitpense beskikbaar sal wees.