BusinessEntertainment

Groot oes vir Dwaalboom Fees

DWAALBOOM – Die naweek van 5 September het menige boere en boerdery implemente na die jaarlikse Dwaalboom Oesfees gelok.
Volgens die Oesfeeskomitee was hierdie hoogs suksesvolle naweek slegs te danke aan al die borge, gaskunstenaars, uitstallers, ondersteuners en deelnemers wat die fees bygewoon het.
Die hoogtepunt op die feesprogram was soos gewoonlik die gaskunstenaars genaamd Dewald Dippenaar, Izak Davel en Theuns Jordaan wat vir die dames se pret gesorg het en die mans het veral van die blonde Elizma Theron gehou.
Die wenners van die “Boer van die jaar” kompetisie was Beesboer – Pieter Pienaar, Saaiboer – Riaan Cilliers en Wildsboer van die jaar – Danie van Vuuren.
Vir die fikstes en flukses was daar ‘n fietswedren wat deelnemers se sweetkliertjies behoorlik laat werk het. Ryers afkomstig vanaf Swartklip en Thabazimbi het ook aan hierdie uitdaging meegeding. Die pretloop het aan ‘n paar tannies rooi wangetjies besorg en is ook goed ondersteun. Die wenners in die afsonderlike wedrenne was:
In die 40km fietswedren wen André du Toit, gevolg deur die vinnigste vrou Elize Pelser wat die eersteplek in die dames afdeling neem. Die 5km fietswedren in die Gr 1&2 afdeling word deur Jeandré Kotzé gewen, gevolg deur Zander van der Berg wat die Gr3&4 afdeling wen en Peet Botes wat die eersteplek neem in die Gr 4-7 afdeling.
JP Vermeulen wen die Pretloop wedren.
Die boogjagkampioen was Robert du Plessis en Driek du Plessis het ‘n paar omies se oë laat rek met sy uitstaande kleiduifskiet vermoë. Dié geweldige populêre kompetisie is deur Thabazimbi Boogklub aangebied.
Die dames is bederf by die “Venus vs Mars” PPC Vroueklub oggendtee. Die aanbieding is deur Marintha Labuschagne behartig en dames moes hoede vir die okkasie aanhê. Baie geluk aan Joey Nortjé wat die wenner was.
Die organiseerders bedank al die borge wat hierdie dag help moontlik maak het.
Theuns Jordaan het gesorg vir ‘n groot verrassing toe hy onverwags opgedaag het saam met Elizma Theron en ingestem het om ‘n paar liedjies met ‘n kitaar te sing.