Eskom – serwituutstelsel verouderd

Mnr Jan Viljoen, voorsitter van TLU SA Noord, het gesê dit is tyd dat Eskom besef dat indien die kragverspreidingslyne oor privaat eiendom beplan word, daar vir daardie voorreg betaal moet word. Goedkoop serwitute, sonder enige verpligting van Eskom se kant af, is nie langer aanvaarbaar nie en bygevoeg dat georganiseerde landbou nie langer kan stilsit en toekyk hoe Eskom grondeienaars boelie en uitbuit nie. Dit is nou tyd dat ‘n meer regverdige bestel beding moet word.
Volgens mnr Stephen Hoffman, voorsitter van die Soutpansberg Distrik Landbou Unie (DLU), is dit nie langer vir grondeienaars die moeite werd om Eskom verspreidingslyne oor hulle grond toe te laat nie. Grondeienaars kry ook geen voordeel soos goedkoper tariewe vir hulle moeite om die lyne te huisves nie. Hy het verder gesê dat Eskom ‘n geskiedenis opgebou het van skreiende verhogings vir Hoof Uitvoerende Beamptes. Volgens berigte het die Eskom Hoof Uitvoerende Beampte Thulani Gcabashe in 2006 R13 miljoen verdien terwyl  Jacob Maroga in 2009 ‘n 26.7% verhoging ontvang het. Hy het gesê Eskom werkers het ook meer as 10% verhoging in 2009 gekry. Hy het gesê dat landbouers onderdruk verkeer en nie naastenby so ‘n ‘salaris verhoging’ ontvang het nie. Terwyl elektrisiteitspryse jaarliks astronomies styg, styg die serwituut uitbetalings nie want dit is ‘n eenmalige betaling wat glad nie tred hou met inflasie of die astronomiese stygings in elektrisiteitspryse en salarisverhogings vir vet kat Eskom werknemers nie. Dit is dus tyd dat Eskom grondeienaars begin betaal vir die voorreg om verspreidingslyne oor privaat eiendom te bou. Die betaling moet ook tred hou met die ekonomiese realiteite soos hier uiteengesit.
Daarby hou die verspreidingslyne ongelooflike frustrasie, ongerief en probleme vir grondeienaars in. Hekke word oopgelos, eiendom vernietig, sogenaamde kontrakteurs steur hulle nie aan toegangsmaatreëls nie en daarby betaal landbouers deur hulle nekke vir elektrisiteit. Rekeninge word foutief uitgestuur en dit kos bloedsweet om selfs die mees eenvoudigste rekeningsfoute op te los. Daar is dood gewoon geen voordeel meer vir grondeienaars nie.
Volgens Hofmann moet daar beter voordele vir die grondeienaars ingebou word. Die huidige serwituut stelsel is verouderd en maak nie voorsiening vir die geweldige styging in elektrisiteitskoste, die aanhoudende frustrasies wat grondeienaars moet verdra, en die vetvoer van Eskom werknemers nie. Vergadering op vergadering word met Eskom gehou, hope briewe word geskryf, maar nogsteeds kan die mees basiese probleme nie opgelos word nie.