Sport

Besoekers ondersteun ook Bielie van die Bosveld

THABAZIMBI – Die Aerospace Bielie van die Bosveld is die naweek gespeel. Die toernooi is goed ondersteun met ook ‘n hele paar besoekers wat hulle staal kom wys het. Die kompetisie was baie hard en Jaco Prinsloo, tans ook Thabazimbi Gholfklub se klubkampioen word na die twee dae gekroon as die Bielie vir 2009.
Van ‘n +2 voorgee speel hy 140 houe, vier onder baansyfer oor die twee dae. Tweede met 148 bruto houe is Esmé Behrens en Dirk Heyns van Mogol klub met 149 was derde. Bernie Gous wen die Stableford afdeling met 81 punte. Baie geluk aan die wenners.
Na die heerlike reën wat Vrydag uitgesak het, en die harde werk van Johan Barnard en sy span was die baan in ‘n puik toestand. Die heerlike eetgoed wat oor die twee dae aan die spelers voorgesit is deur die Touch Koffiehuis voorberei.
Baie dankie aan al die spelers wat gespeel het, maar veral aan Aerospace en al die ander borge wat so ‘n susesvolle toernooi moontlik gemaak het.
Vier van die klub se juniors het die afgelope week aan die Noord Gauteng se Junior kampioenskappe deelneem. Christof en Heinrich Penzhorn, Dean en Francois Cilliers het Dinsdag op Wingate Park en Donderdag op Gardner Ross se bane gespeel.
Jaco Prinsloo, Die Bielie van die Bosveld 2009 word deur Eugene Oberholzer geluk gewens.