Veldbrande bedreig weiding

Verskeie veldbrande het die afgelope tyd die omgewing geteister. Volgens TLU Noord is die grootste probleem grondeienaars wat nie in ’n struktuur betrokke is nie. Sulke grondeienaars behoort nie aan ‘n georganiseerde landbou of brandvereniging nie. Hierdie onbetrokke grondeienaars kan baie gou die landbou unie bel indien ’n brand uitbreek, maar is nie bereid om saam hande te vat nie. Daar is veral probleme met onbewoonde plase en plase wat aan swart grondeienaars behoort asook grondeienaars wat nie behoorlike voorbrande maak nie.
Dit wil voorkom asof die brande deur kabeldiefstalsindikate gestig word. Sodra die grondeienaar en werkers van die plaas afbeweeg om die veldbrand te gaan beveg, vind die kabel diefstalle plaas. Hierdie tipe terrorisme was voor 1994 en ook in Zimbabwe algemeen gebruik. Daar word voorgestel dat die SAPD die persone wat in die sogenaamde ‘bevrydingstryd’ betrokke was, as ’n nuttige beginpunt moet gebruik om uit te vind wie by die terroristiese dade betrokke is.
Mnr Jan Viljoen, voorsitter van TLU Noord, het gesê dat die ekonomiese terroriste moet weet dat die boere hier is om te bly. Die samewerking wat in die gebied weerspieël was, is ’n bewys van die boere se vasbeslotenheid om nie deur barbare van hulle wettig gekoopte grond verdryf te word nie. Boere het deur die groot depressie en verskeie oorloë gebeur en het die heeltyd Suid-Afrika opgehou. Hy het die georganiseerde landbou en die Brandverenigings geprys dat hulle goed voorbereid is en uitstekend saamwerk. Hy het alle lede wat so hard gewerk het, bedank vir hulle onbaatsugtige werk.