Laerskool Thaba hou Dogtersdag

Die personeel van Laerskool Thabazimbi het dit goedgedink om by twee geleenthede op die skool se kalender ekstra aandag aan hulle leerders te skenk. Die seuns het vroeër in die kwartaal hulle beurt gehad en Vrydag 19 September was dit die skoner geslag se beurt om bederf te word. By hierdie geleentheid het ‘n spreker, me Ronel Enslin, die leerders toegespreek oor dogtertjiewees en dan later vrouwees. Die dogters kon gewone klere aantrek en het hulle opgetof in hulle beste gewaad. Die seuns het vir elke dogter ‘n klein geskenkie gegee in die vorm van sjokolade of blomme om hulle ekstra spesiaal te laat voel op hierdie dag.