Jukskei-spanne na Junior Bondedag

KRUGERSDORP – Die Junior Jukskei Bondedag vind op 10 Oktober te Krugersdorp plaas.
Limpopo Jukskei Unie sal verteenwoordig word deur 10 spanne in die volgende afdelings:
Nege seuns in die O/19A en O/19 B spanne, vyf seuns in die O/16 span, terwyl 9 Limpopo Jukskei Unie seuns in die O/13A en B-spanne verteenwoordig word.
In die O/19A en B-spanne word nege Limpopo Jukskei Unie meisies verteenwoordig, terwyl die O/16 span vyf meisies bevat en die O/13A en B-spanne saam nege meisies verteenwoordig.
Spanbestuurders word vir elke span aangewys. Indien daar spanne onder die eerste drie plekke eindig sal die spelers se name ook verskyn as die uitslae geplaas word.
Op Saterdag 19 September het die eerste Noorde teen die Suide Liga te Mokopane plaasgevind. Die uitslae is as volg:
A-Afdeling: Nyl Wyksbond 170 en Pietersburg Wyksbond 145.
B-Afdeling: Nyl Wyksbond 129 en Pietersburg Wyksbond 96.
C-Afdeling: Pietersburg Wyksbond 220 en Nylwyksbond 200.
Groottotaal: Nyl Wyksbond 499 teenoor Pietersburg Wyksbond se 461 punte. Nylwyksbond wen met 39 punte en behou die Tarentaal Wissel Trofee.