General

Inwoner onverwags oorlede

Lou Swart is op die ouderdom van 37 jaar oorlede.
Lou Swart is op die ouderdom van 37 jaar oorlede.

THABAZIMBI – Lourens Petrus Swart, beter bekend as Lou, is onverwags op Donderdag 10 September 2009 op die ouderdom van 37 jaar oorlede.
Lou was vir die afgelope 9 jaar as voorman by die kontrakteursfirma, Rosond werksaam. Almal wat hom geken het sal sy stil karakter en positiwiteit mis. Hy laat sy vrou, Madelein, twee susters en een broer na. Die begrafnisdiens het op Donderdag 17 September 2009 om 11:00 vanuit die AGS kerk Thabazimbi plaasgevind. Die familie bedank graag vir Rosond, Quinton en sy familie vir al die hulp en bystand asook vir Ockert en Arlene vir die moeite wat hy gedoen het met die DVD en foto’s, dit word opreg waardeer in hierdie moeilike tyd.