HFM krieket val vas teen Hoërskool Pietersburg
THABAZIMBI – Twee van HFM se krieketspanne het met hulle laaste hekkie vasgeval teen Hoërskool Pietersburg.
Die O/15 krieket span het Saterdag 12 September teen Pietersburg in die Limpopo Semi-finaal te staan gekom. Pietersburg wen die loot en word ingestuur om eerste te kolf. Die seuns kwyt hulle goed van hulle taak en kolf baie mooi, hulle behaal 260 lopies in die 41 beurte. Die beste kolwers op die dag was Danie Loots en Jaco Jacobs wat albei 64 lopies in 59 balle aanteken. Na ete lewer HFM ‘n mooi vertoning van goeie boulwerk en veldwerk. Ongelukkig was dit nie genoeg nie en Pietersburg steek die telling verby in die 44ste boulbeurt. Die beste bouler op die dag was Gerald Botha met 5 paaltjies vir 57 lopies in 10 boulbeurte. HFM neem 8 paaltjies, met ander woorde hulle verloor met 2 paaltjies.
Die Eerste krieketspan van HFM het ook verlede Saterdag teen Hoërskool Pietersburg in die semi-finaal te staan gekom. HFM het eerste geboul en Jacques Payen het 7 paaltjies vir 51 lopies in 10 beurte laat kantel, Le Roux Bodenstein neem 2 paaltjies. Pietersburg word uitgeboul vir 157 lopies. HFM gaan kolf en lyk baie goed met Michael Karremaker wat 47 lopies aanteken. Met nog 5 paaltjies staande en ongeveer 50 lopies kort, val HFM vas en verloor die wedstryd met 33 lopies.