Fondsinsameling vir Shawn
THABAZIMBI – Die donasies wat ontvang is tydens die fondsinaselingsdag vir Shawn de Jager, is tydens ‘n geselligheid Dinsdag aan die familie oorhandig.
Steelwings Thabazimbi wil graag die volgende mense bedank vir hul hulp, donasies en bydraes, sonder julle en die gemeenskap sou dit nie vir ons moontlik gewees het om die dag ‘n sukses te maak nie.
Anusca wat die saadjie geplant het, dat ons as Steelwings Thabazimbi gerus iets in die gemeenskap kan terugploeg. Dankie, ook vir die hele groep van Thaba, ons is ‘n “great team”. Andrew van Thaba Nkwe, Hannes van Thaba Spar, Kobus van Mica, Postnet, Pieter van Die Kwêvoël, Jacaranda 94.2, Thaba Stereo, Chris van Vliegpoort Drankwinkel, Manny van Thabazimbi Drankwinkel, Chris van Total, Jan de Lange van Monti Casino, Ladies en Laaities Kleuterskool, Johan Smalberger met sy bulletjie Krieket manne, Stompie en Andrew van S&Z Paneelkloppers, Maryke vir die springkasteel, Maryna Hudson, almal van Cansa wat daar was, Willie en Martie van Kumnandi, die bikers en Manie van Wild Life Ralley van Ellisras, Rykie May van helpende hande en haar span helpers, jul is ‘n wonderlike groep mense. Dan ook vir Mike en sy groep van Steelwings Harties, Pieter en Coreen Groenewald, die hoof van Steelwings SA, sonder julle sou die veiling nie so sukses gewees het nie. As hul iemand uitgelaat het, jammer en dankie.
Aan Shawn en sy familie: sterkte en mag die Vader jul in Sy Hande toevou in hierdie moeilike tyd.