Six o six vier 21 jaar
PRETORIA – Six O Six Truck Spares vier in September vanjaar hul 21ste bestaansjaar.
Johan Breytenbach het besef dat daar ‘n baie groot behoefte by kliënte is om alle onderdele en benodighede rakende vragmotors, alles op een plek te kan aankoop. Die grootste getal kliënte was vervoerkontrakteurs, en aangesien hy die bedryf so goed ken en verstaan het, het hy geweet dat staantyd van voertuie vir kliënte kritiek is. Stelselmatig is nuwe onderdele ingefaseer. Kliënte kon nou ook filters, olie, waaierbande, ligte ensovoorts aankoop.
Soos die besigheid gegroei het, was hul bevoorreg genoeg om ook meer personeel in diens te kon neem. Die dogters het ook nou hulle gewig by die besigheid ingegooi. Jennifer is tans die bestuurder en Charmaine hou die leisels in die administratiewe afdeling. Ma Luretta kom sit daagliks hand by in die kantoor, met pa John wat ‘n oog oor alles hou.
Kliënte het vriende geword en die personeel probeer om die ekstra pad saam met die kliënte te stap. “As ons nie die onderdeel het nie, soek ons dit.” Is nie verniet hul leuse nie. Six O Six bedank graag al hul getroue kliënte en vriende vir die ondersteuning die afgelope 21 jaar, waarsonder hul nie sou kon groei nie. Kom deel in hul feesvieringe by Willem Cruywagen Laan nr 126, Klerksoord, Akasia. Vir navrae skakel Six O Six Truck Spares, U eenstop vragmotoronderdelewinkel by 012-542 4617/2850.