General

Senior burgers vra uitkoms

Vir menige Bosveld-oord inwoner, is nog ‘n luukse, naamlik die onafhanklikheid om self na die Thabazimbi Sakesentrum te stap ook nou iets van die verlede nadat die bruggie oor die spruit wat ‘n gerieflike kortpad dorp toe gebied het, se uitloop langs ‘n ry sakepersele toegebou is. Die inwoners van Bosveld-oord word nou genoodsaak om met Steenbokstraat af te stap, in Elandstraat in en daarna links te draai in Vanderbijlstraat, amper ‘n kilometer verder as wat dit normaalweg sou wees. Enigiemand of besigheidsinstansie wie die senior burgers kan uithelp met ‘n vervoersisteem, sal ‘n groot verskil in hul lewens maak.