Sport

Limpopo dames-liga by Thabazimbi Gholfklub

THABAZIMBI – Die dames van Limpopo het verlede Saterdag van vroeg af hulle liga-kompetisie op Thabazimbi Gholfklub se baan gespeel. Die middag is die gebruiklike Slagspel ook gespeel.
In die A-poel is daar teen Mogol en Koro Creek gespeel en is Thabazimbi tans in die tweede plek. In die B-poel is daar teen Naboomspruit en Potgietersrus gespeel en daar is hulle in die derde plek. Die middag se slagspel is gewen deur Esmé Behrens (68), Jakkie van der Wateren (69),  Willem du Plessis en Billy Pring (72).
Saterdag 12 September is dit Vlagspel. Die speler wat die vlaggie die verste kan plant na die baansyfer plus sy voorgee gespeel is, is die wenner. Op 17  September speel die manne weer liga op Brits en tuis is dit IPS. Dan kom die groot ding op Vrydag en Saterdag 25 en 26 September as die Bielie van die Bosveld gespeel gaan word. Die hele Gauteng Noord Senior span gaan heel waarskynlik ook aan die kompetisie kom deelneem.
Onthou ook elke Woensdag is dit die baie populêre Pick n Pay Sonsakker en die Jolee gelukkige trekking wat gespeel word.
Al die lede het teen die tyd seker al hulle jaargeld rekeninge gekry en hopelik betaal. Onthou dat as u teen die einde van Oktober nog nie wakker geskrik het nie u voorgeekaart geblokkeer (Hot Card) gaan word.
Eddie Williams is nog steeds in die hospitaal en ons  verneem dat alhoewel hy ernstig is, daar tog ‘n verbetering in sy toestand is. Daan Lottering word ook Donderdag in Pretoria opgeneem vir ‘n operasie.