KunsteGrot bring groot kunstenaars

THABAZIMBI – Thabazimbiërs kan uitsien na ten minste nog twee puik produksies in 2009 by die KunsteGrot. Op 24 Oktober kom “die manne met die stemme” – Navi Redd.  Dit is net ‘n absolute moet om hulle te beleef.  Kaartjies is reeds beskikbaar – bespreek maar gou.
Op Woensdag, 25 November, kom Mathys Roets vir ons kuier.  Wat ‘n voorreg om hierdie dapper, begaafde sanger se talent ook vir ons gemeenskap aan te bied. Kaartjies sal vir dié optrede vanaf 1 Oktober beskikbaar wees.
RiVoToneel het nog ‘n optrede vir Oktober beplan, maar weens onvoorsiene omstandighede is dit uitgestel tot Maart 2010. Alle navrae en besprekings kan by Rita by 083 7448559 gedoen word.