Sport

Jukskeispelers na Meesters Kampioenskappe

KROONSTAD – Die jaarlikse Meesters Kampioenskappe vind op 28 September tot 1 Oktober te Kroonstad plaas. Limpopo Jukskei Unie sal verteenwoordig word deur drie mansspanne van 50 jaar en ouer en twee damesspanne van 45 jaar en ouer. Die volgende spelers is gekies:
Mans A: Bertus Els, Jannie Engelbrecht, Sois van Zyl en Bossie Liebenberg (L).
Mans B: Gert Kloppers, Gerhard Booyens, Pieter le Roux en die kaptein, Daan Botha.
Mans C: Dries Venter, Niek Greyling, Peet Muller en Apollo Kellermann (L). Reserwe: Peet Mostert.
Dames B: Christien Kloppers, Bets Els, Joyce du Preez en Adri Muller (L).
Dames C: Kleintjie Duvenhage, Martie Greyling, Joey Roos en Maud Myburgh (L). Reserwe: Shirley Mostert. Die spanbestuurders sal later aangewys word. Keuring vir SA Juniors en Seniors vir die Noord-Streekkampioenskappe te Klerksdorp op 7 November sal op 17 Oktober 2009 om 08:00 te Polokwane gehou word.