Thabazimbi hou Huttefees 24-27 September 2009
THABAZIMBI – Die naweek van 24-27 September beloof om medegelowiges weer geestelik te voed wanneer almal danksegging bring en saam met ander die lekker van God se kind wees, weer opnuut ontdek. Die organiseerders het ‘n verskeidenheid kunstenaars en sprekers genooi sodat almal kan saam sing en kuier tot laat om die kampvuur. Volop pret en heerlike boeresport is ook deel van die verrigtinge. Belangstellendes kan hul tent en blikbeker saambring en hul ete braai of by ‘n kosstalletjie koop. Kontak ons gerus indien jy jou kosstalletjie daar wil parkeer, om ‘n plek te bespreek. Die koste beloop R100 per dag vir ‘n tentstaanplek ongeag hou groot, kostes is nie per persoon nie, maar net vir staanplek en die gebruik van die ablusiegeriewe. Tref asseblief vroegtydig reëlings om staanplek te bevestig. Leraars kan die geleentheid gebruik vir ‘n gemeente naweek. Vir meer inligting kontak Marie Earle by 073 820 0736.