SmartBrain hou Interkleuter
THABAZIMBI – ‘n Gesamentlike poging van kleuterskole in Thabazimbi het ‘n interkleuter op Saterdag 5 September tot gevolg. Die kleuter atletiekdag word deur SmartBrain kids aangebied en word deur ‘n aantal plaaslike kleuterskole ondersteun. Kleuter Akademie, Wippie en Snippie, Klein maar Getrein en die CVO se kleuterskool tesame met SmartBrain kids sal deelneem aan kortafstande, swartmotorfietsresies en ‘n hindernisbaan. ‘n Noodhulp stalletjie word voortdurend beman en elkeen wat aan hierdie sportdag deelneem stap weg met sy eie medalje. ‘n Springkasteel is deel van die vermaak en heerlike verversings onder andere pannekoek, worsbroodjies en hamburgers sal te koop aangebied word. ‘n Stalletjie spesiaal vir Shawn de Jager, ‘n plaaslike kankerlyer, sal ook deel wees van die dag se verrigtinge. Die toegangskoste beloop R10 per volwassene, R5 vir kinders, terwyl kleuters gratis ingaan. Vir navrae, kontak Marthie du Plooy by 082 570 3644.