Limpopo Gimnastiek-unie Top 10 Presteerder vanuit TBZ

THABAZIMBI – Dit het een van Thabazimbi Gimnastiekseuns te beurt geval om gekies te word vir die MAG Top Tien Spele. Tegan Theron se algehele derdeplek by die onlangse ‘NorthZone’ Spele te Centurion, het verseker dat hy gekies word om aan die komende SA Nasionale Spele deel te neem. Daar word slegs 10 gimnaste per provinsie per vlak en ouderdomsgroep gekeur om aan die Spele deel te neem. Tegan het ook ‘n silwer medalje in die sprong verwerf. Die ander gimnaste wat aan die NorthZone deelgeneem en medaljes verwerf het  vir hul prestasies is Marco Myburgh [goud – vloer] en Igee Theron [brons – sprong & brug].