Klasse vir huiswerkers

Hennie Pauw

MAKOPPA – Daar is in Augustus begin met ‘n projek om huiswerkers in die Makoppa-omgewing vaardighede aan te leer.
Die eerste van hierdie maandelikse werksessies het op 19 Augustus in die NG Kerksaal plaasgevind. Die kursus word gelei deur Elmaré Weatherall Thomas en die afgelope maand is huiswerkers touwys gemaak oor hoe om kerse te maak met afval stukkies kers.
In September word die huiswerkers gewys hoe om ‘n gehekelde mat te maak van plastieksakke. Enigeen in Makoppa is welkom om in te skakel. Vir enige verdere inligting kan Elmaré geskakel word by 072 142 9372.