Jukskei liga – Nylwyksbond

THABAZIMBI – Die eerste Jukskei Liga vir die seisoen 2009/10 skop af op Saterdag 5 September 2009 om 08:00 te Thabazimbi. Die vier klubs wat sake gaan uitspook is: Tarentale (Mokopane), Naboompark (Mookgophong), Olifante (Groblersdal) en Thabazimbi. Daar sal in Afdelings A, B en C meegeding word, die kontak persoon is Bossie Liebenberg by sel no 082 920 9070. Persone wat belangstel om jukskei te speel, beginners sowel as ou spelers, oud en jonk kan die voorsitter, De Graaff Genis by 082 902 6997 skakel vir meer inligting. Indien nie beskikbaar nie kan die media skakelbeampte, Martie Nell, geskakel word by 014 733 0611. Op Saterdag 19 September 2009 speel die Noorde teen die Suide te Mokopane om 08:00. Die Tarentale trofee sal deur die wenners in ontvangs geneem word.