General

Puik ontwikkeling – Akasia Park

THABAZIMBI – Akasia Park is ‘n puik nuwe ontwikkeling in Thabazimbi, waar die ontwikkelaar werklik moeite gedoen het om sover as moontlik bome behoue te laat bly. Die ontwikkeling het een geplaveide bedieningspad en sal met voltooiing uit 37 eenhede bestaan. Die besonderse rustige omgewing asook die uiters realistiese pryse maak hierdie ‘n uitstekende proposisie vir beleggers, afgetredenes, asook eerste kopers. Voordele van Akasiapark sluit die volgende in: Elektriese omheining vir sekuriteit, kitsgras vir elke woning en transportkoste is ingesluit. Alle eenhede is “voltitel”. Vir navrae rakende Akasiapark, skakel Barend Gerber by 082 469 5727 of Bertie Joubert by 082 373 8301.