Laerskool Sanddrift se Bosveld Pretrit om die draai

VAALKOP – Die jaarlikse Bosveld Pretrit wat deur Laerskool Sanddrift aangebied word, beloof om groot getalle na Vaalkop, Atlanta op Saterdag 29 Augustus te laat saamtrek.
Deelnemers aan hierdie pretrit kry die geleentheid om hul quads, motorfietse, 4×4’s of pypkarre in te skryf teen R300 per inskrywing. Die wegspringtye vir quads is reeds om 08:00, terwyl die motorfietse eers om 12:00 wegspring. Nog ‘n voorsorgmaatreël vir veiligheid is die “geen alkohol op voertuie” reël. Die inskrywingsvorms is steeds by Laerskool Sanddrift beskikbaar, kontak Ina by 012 277 2333, navrae kan aan Francois Stander by 082 726 4626 of Peet van Staden by 083 481 9255 gerig word.