Klein botteltjie met groot gif
KOEDOESKOP – ‘n Ou gesegde onder ons volk. Kyk ons na die afgelope rugby seisoen en na die O/11 Rugbyspan van die Laerskool Koedoeskop word die gesegde weereens bevestig.
Met ‘n baie sterk en goed gemotiveerde span, wat teen medium skole gespeel het terwyl hulle in die klein Skole afdeling moet speel, onder die wakende oog van hulle afrigter mnr Gustav Grobler, Hoof van Laerskool Koedoeskop, het die mannetjies vanaf die eerste wedstryd gewys dat hulle hierdie jaar gewen moet word. Met mannemoed en deursettingsvermoë het hulle elke wedstryd met hernude ywer aangepak en ‘n sukses daarvan gemaak. Tydens die liga wedstryde het Laerskool Koedoeskop as naas wenners geëindig in Limpopo. In die provinsiale kompetisie speel hulle teen Drakenstein en wen 34-5, die tweede wedstryd was teen Eugene Marais en hulle wen 29-5. Tydens die Bondedag in Volksrust, natuurlik baie kouer as waaraan ons Bosvelders gewoond is verteenwoordig deur Koedoeskop Limpopo en hul speel soos volg:
Eerste wedstryd teen Blou Bulle, Bergsig wen Koedoeskop 24-12; die tweede wedstryd teen die Luiperde wen Koedoeskop 29-5; Finaal teen Mpumalanga – Malalaan speel Koedoeskop gelykop 0-0 en deel die Trofee.
Aan al die Koedoeskopspelers, ouers en onderwysers, wens Laerskool Koedoeskop se O/11 borg, Thabazimbi Motors hul geluk met die prestasie. Dis ‘n span waarop almal kan trots wees.