Sport

Geen voorgee voor spel

THABAZIMBI – Verlede Saterdag se spel was ‘n besondere formaat. Almal moes die baan speel sonder hulle voorgee en sodoende dan Stableford punte aanteken. Na die spel tel jy dan net jou voorgee by die punte wat jy gemaak het. Dit is veral lekker vir die spelers met die hoë voorgees, want ‘n speler met ‘n voorgee van byvoorbeeld 30 begin dan reeds met 30 punte. Lekker nè.
Die wenners was Lindie Bredenkamp (44), Bernie Gous (38), Willem du Plessis, Heinrich Penzhorn en Louise van Graan, al drie op 37.
Op Mooinooi het die Ligaspan gelykop gespeel teen Swartklip.
Woensdag 26 Augustus is ‘n baie belangrike dag. Die Algemene Jaarvergadering gaan dan gehou word. Die gewone Pick’n Pay Sonsakker gaan eers gespeel word en daarna vergader. Dit is belangrik dat al die lede die vergadering bywoon.
Teen hierdie tyd het almal seker ook hulle jaarlikse lede-geld aanslag gekry. As u net kyk na die verbeterings wat die afgelope jaar aan die klubhuis en op die baan gedoen is kan u seker sien dat daardie gelde goed aangewend word. Daar is verlede week ook ‘n nuwe skoonveldsnyer afgelewer wat ‘n hele paar duisend rand gekos het. Alles net om die klub en baan so te kry en te hou dat dit vir u die speler ‘n plesier sal wees om daarop te speel.
Die klub het verneem dat hul baanmeester, Eddie Williams, Maandag in die hospitaal opgeneem is. Hulle hoop dit is niks ernstig nie en dat hy gou weer op sy pos sal wees.