General

Loslit Dag van Gees

Able die Loslitdag gelukbringer saam met die Egoli akteurs. Hulle is vlnr: Darryl Desmarais, as Stephan Edwards, Mandi du Plooy as Lara, & Jill Middlekop as Jansie Janse.
Able die Loslitdag gelukbringer saam met die Egoli akteurs. Hulle is vlnr: Darryl Desmarais, as Stephan Edwards, Mandi du Plooy as Lara, & Jill Middlekop as Jansie Janse.

Loslit Dag word vanjaar op Vrydag, 4 September gevier. Op diè dag gaan elke Suid-Afrikaner die kans gegun word om deel te wees van “diè span” deur ‘n R10 donasie te maak vir ‘n Loslit Dag plakker, en sodoende hulle ondersteuning vir persone met gestremdhede te wys.
Loslit Dag is die grootste fondsinsameling en bewusmakings projek vir persone met gestremdhede in Suid-Afrika. Elke jaar op die eerste Vrydag van September word mense versoek om anders aan te trek as wat hulle gewoonlik sou en die Loslit Dag plakker te dra as indikasie dat hulle persone met gestremdhede ondersteun.
Die projek word ten bate van die volgende Nasionale Welsynsorganisasies aangebied wat insluit die Nasionale Raad vir Persone met Liggaamlike Gestremdheid in SA; SA Federasie vir Geestesgesondheid; Dowe Federasie van SA (DEAFSA); Disabled People SA (DPSA); Epilepsie SA en SA Nasionale Raad vir Blindes.
Hierdie organisasies verteenwoordig ongeveer 400 skole, tehuise en werkswinkels in die veld van gestremdheid. Meer as 200 plaaslike welsynsorganisasies neem jaarliks aan die projek deel en samel so (via die infrastruktuur van die projek) geld in vir die dienste wat hul lewer.
Die jaar skop Loslit Dag af met “sport” as die tema en word elke Suid-Afrikaner uitgedaag om ‘n R10 donasie te maak vir ‘n plakker en aan te sluit by die span.
Die resep om aan die projek deel te neem is baie maklik. Oortuig jou baas en kollegas om deel te neem en kollekteer R10 by elke deelnemer. Kry die amptelike Loslit Dag plakkers by ‘n deelnemende welsynsorganisasie, enige Absa tak, Game winkels of bestel direk vanaf www.loslitdag.co.za. Beplan jou uitrusting vir Vrydag 4 September met sorg, dra jou amptelike plakker en wys jy gee om. Geniet die dag, kyk na die sterre, en luister na musiek – vier die lewe en jou gesondheid. ‘n Ideale dag om te waardeer wat jy het.