Hoërskool Frikkie Meyer bied aan “Thank you for the Music”
THABAZIMBI – Die Frikkies het in hul massas opgetrek, lekker geoefen en ‘n pragtige produksie op die planke gebring.
Beplanning het reeds in Oktober 2008 begin om hierdie produksie so goed as moontlik aan te bied. Musiek vanaf die Middeleeue tot by die 2000’s word deur verskillende Graadgroepe uitgebeeld met sang, dans en toneel.
Middeleeue en 1980’s word deur die Gr 11’s uitgebeeld met afrigters me Martie Boshoff en Ansa Erasmus. Die Klassieke tydperk sowel as die 1970’s word deur die Gr 9’s uitgebeeld met afrigters me Juanita Erasmus, Nelie Booyens, Magriet Erasmus en Francis Coetzee. Die Graad 10’s beeld die 1920/30/90’s uit met afrigter me Gerlize du Preez. Die 1940/60’s word deur die Graad 8’s uitgebeeld met afrigters me Annereth Snyman en Hester van der Westhuizen terwyl die Gr 12’s met afrigters me Reinette Steenekamp en Chrisna Brits die 1950’s en 2000’s uitbeeld.
Die produksie word vanaf 11 – 14 Augustus vertoon met die Gala-aand wat vanaand, Vrydagaand 14 Augustus sal plaasvind.