Entertainment

Thabazimbi Apiesdoring Karnaval

THABAZIMBI – Die feeskomitee van die Apiesdoring Karnaval wat op 8 Augustus op die Hervormde kerkterrein plaasvind het ‘n lys van “10 Daar-wees redes” saamgestel, dit lui as volg:
1. Toegang is gratis met Thys die Bosveldklong as gaskunstenaar van 9:00 af.
2. Na aanleiding van die Apiesdoringboom wat 2009 se boom van die jaar is, is die tema “Apiesdoring koningboom.” Stalletjies word opgemaak met name van verskillende bome uit die bosveld. Die eerste 100 vleis en biltongkopers kry elk ‘n inheemse bosveldboompie gratis.
3. Honderde kilogramme wild en beesbiltong teen net R99 p/kg. Tonne vars vleis – teen minder as groot handelpryse. Bekende top A-graad wors teen R39 p/kg en maalvleis teen R35 p/kg. Ook wildsvleis: opgestopte wildsboude, “russians”, skenkels ensovoorts.
4. Pap en kaiings en pap en wildslewer met suursous.
5. Beesskof en “wildboar” op die spit gebraai en honderde sappige sosaties.
6. Nat beskuit, bakoond brood, potbrood en roosterkoeke. En tafels wat kreun onder die heerlikste koeke en nageregte – te veel om van te kies.
7. Laser kleiduifskiet kompetisie, boogskiet kompetisie, kettieskiet kompetisie, skyfskiet kompetisie ensovoorts.
8.  Raai ‘n eland en rooibok se gewig en wen hul verpak en gebiltong na jou smaak.
9. Spookhuis, reuse tombola, lekkergoedstalletjie, speelpark en talle speletjies om kinders gelukkig te hou.
10. Top veiling van unieke artikels: getekende en geraamde Bulls Super 14 rugby trui, Jeep Grand Cherokee, top hand gemaakte meubels, spitbraai, wildskarkasse ensovoorts.
Die karnaval vind plaas op Saterdag 8 Augustus by die Hervormde kerk te Thabazimbi. Moet dit nie mis nie. Navrae: Karnaval voorsitter Izak Joubert: 083 488 6357 of ds Hennie vd Linde: 083 507 0335.

Program vol pret vir Apiesdoring karnaval

THABAZIMBI – Die Apiesdoring karnaval wat op Saterdag 8 Augustus by die Hervormde Kerkterrein Vliegepoort plaasvind, se program is gelaai met vermaak.
08:00 – Opening en verwelkoming
Verkope v vleis en biltong ens begin
09:00-15:00 – Thys die bosveldklong (deurentyd tot 15:00)
9:30 – Poppekas-vertoning met twee hansworse Sterretjie en Cheeky – in kerkgebou – gratis toegang.
11:00 – Bok-afslag demonstrasie deur 2009 Expo wenners: Hannes Koekemoer en Stiaan von Wielligh
11:30 – Veiling vermaak
12:30 – Thys die bosveldklong
13:00 – Uitskiet en uitspeel van kompetisies
14:00 – Trekking en bekendmaking van kompetisie waar 5 aannteelkoeie of R30 000-00 kontant gewen kan word.