Tannie Marie Steenekamp ondergaan ‘n baie groot operasie
Namens tannie Marie sê ek ‘n groot waarderende dankie vir haar buurman, dr Jaco Blignaut wat haar Vrydagaand die 31 ste Julie inderhaas Curamed hospitaal toe geneem het, asook dr Andries Buys, haar dokter, wat so ‘n vinnige korrekte diagnose gemaak het en haar die erns van ‘n operasie in Wilgers hospitaal laat besef het. Dr Andries het ook self reëlings getref vir die RAPID CARE LEPHALALE Ambulans wat haar Vrydagaand 22:30 met groot deernis en empatie vervoer het na Wilgers hospitaal. Dankie ook aan Isabelle Brits wat namens Curamed hospitaal saam met die ambulans Wilgers hospitaal toe gery het en baie goed vir tannie Marie in die ambulans gesorg het. Groot dank ook aan dr Jan Moock van Wilgers hospitaal wat die suksesvolle operasie uitgevoer het.. Dankie ook aan haar kinders, kleinkinders vir wat julle doen en beteken. Ons ken tannie Marie as die groot organiseerder en raakvatter en baie suksesvolle deurvoerder van ‘n probleem wat mag opduik. Nou verwag tannie Marie se familie en ek dat die Gemeenskap van Thabazimbi en veral die susters by Tambotie Versorgingseenheid vir verswakte bejaardes haar die welverdiende rus en aansterk sal gun en haar nie vir die kleinste probleempie wat mag opduik, pla nie!
Met groot dank aan almal wat vir tannie Marie bid, omgee en saamvoel met empatie!
Danielle le Roux