Community

Ons lesers skryf – Rommelstrooi met staking

Ek was Woensdag geskok toe ek sien hoe word die strate in ons dorp bemors terwyl die plaaslike Polisie die groep begelei deur die dorp. Is rommelstrooi nie ‘n oortreding nie, is die Polisie nie veronderstel om hulle in hegtenis te neem in plaas van hulle te help om die oortreding te doen nie? Wat my die meeste verbaas, is dat die rommelstrooiers nie besef dat hulle weer al hulle gemors gaan moet skoonmaak as hulle staking verby is nie?
Vanoggend sien ek ‘n groep Blankes wat die strate voor die Stadsraad kantore skoonmaak, wat ‘n mooi gebaar is aangesien ons die naweek heelwat besoekers gaan kry met die Skou, maar ek dink nou dink die klomp Stakers hulle het in hulle doel geslaag en dat hulle kan doen wat hulle wil , want anders mense gaan mos maar net weer agter hulle agterente skoonmaak!

Anti-Morsjors