Ons lesers skryf – Kind speel in substasie
Hiermee wil ek net my kommernis oor die dorp se kragbokse en substasies, wat nie slotte het nie, meedeel.
Ek het twee weke gelede by die dokter se spreekkamer in die motor gewag en het die volgende gesien wat my bekommerd gemaak het. ‘n Ma (nie-blank) het met haar twee kinders op die parkeerarea van die veearts gesit en wag, naby die substasie. Die kinders het met die substasie se binnekant gespeel omdat dit nie toegesluit was nie. Eers nadat ‘n vrou, wat daar verbygekom het, haar ingelig het hoe gevaarlik dit is, het sy hulle weggevat. Die vrou wat hulle gewaarsku het, het die deure self toegemaak om seker te maak dat hulle daar wegbly.
My vraag is dus, moet daar eers ‘n persoon, of selfs ‘n kind, doodgeskok word voor daar aandag aan gegee sal word.
Ek hoop regtig dat daar aandag aan hierdie probleem geskenk sal word.
Bekommerde inwoner