General

Leerlinge beseer in ongeluk

Die CVO Thabazimbibussie was op Donderdag 6 Augustus in ‘n ongeluk met ‘n Toyota Corolla betrokke nadat die bestuurder van die Toyota die stopteken by die Brits T-aansluiting verontagsaam het.
Die CVO Thabazimbibussie was op Donderdag 6 Augustus in ‘n ongeluk met ‘n Toyota Corolla betrokke nadat die bestuurder van die Toyota die stopteken by die Brits T-aansluiting verontagsaam het.

THABAZIMBI – ‘n Ongeluk by die Brits T-aansluiting gister, Donderdagmiddag 6 Augustus, tussen ‘n Toyota Corolla en die CVO Thabazimbibussie het plaasgevind nadat die bestuurder van die Toyota Corolla blykbaar die stopteken verontagsaam het.
‘n Paramedikus wat onderweg was na Pietersburg het op die toneel afgekom, feitlik sekondes na die ongeluk en kon die nodige noodhulpdienste ontbied. Die vyf insittendes van die skoolbussie, wat oppad was huistoe is almal leerlinge van Bosveld Akademie CVO. Al vyf het snywonde en breke opgedoen, maar twee is ernstig beseer en is per helikopter na ‘n Pretoriase hospitaal vervoer.
Die busbestuurder wat volgens ooggetuies binne die spoedgrens was, kon nie veel doen om die ongeluk te vermy nie. Die skoolbussie het die Toyota Corolla op die bestuurderskant getref nadat die bestuurder van die Toyota Corolla die stopteken verontagsaam het. Die slag het die skoolbussie laat omslaan, waarna dit op die regterkantste sy  vir ongeveer 20 meter geskuur het tot waar dit tot stilstand gekom het. Die bestuurder van die Toyota Corolla het ook beserings opgedoen. Geen name is ten tye van pers bekend gemaak nie.