General

HFM sport uitslae van oor die skool vakansie

THABAZIMBI – HFM se O/15 A Rugbyspan het in die Limpopo finaal gespeel teen Hoërskool Tom Naude op Tom Naude gronde te Pietersburg.
Hul verloor die wedstryd maar dring egter deur na die volgende rondte vir die Beeld Trofee. Op 1 Augustus neem hul deel teen Hoërskool Generaal Hertzog te Witbank. Na ‘n harde wedstryd wen hulle met 8-0 en dring dan deur na die kwarteindrondte van die Beeld Trofee. Dié span speel eerskomende Saterdag teen Hoërskool Transvalia te Vanderbijlpark in die kwarteindrondte.
HFM se 1ste krieketspan het hulle eerste Liga wedstryd wat op HFM sportgronde teen Hoërskool Nylstroom plaasgevind het, met 18 lopies verloor. Die skyfskiet leerlinge van HFM het met die onlangse Posliga deelgeneem en is met goeie uitslae beloon. Renaldo Nortjé eindig 3de uit 110 skuts wat deelgeneem het aan die o/16 uitdunne, hy ontvang ‘n brons medalje. Riëtte Steenekamp eindig 20ste ook in die o/16 uitdunne. Renaldo Nortjé, Riëtte Steenekamp, Justen Kemp en JM Erasmus behaal almal 1ste plekke met die spankompetisie en verower ook dan goue medaljes. Naas du Plessis, Pieter Ferreira, Gerhard Benade en Hendrik du Plessis behaal ‘n 8ste plek met die spankompetisie.