General

Groot skade vir Thaba Spar

Thaba Spar het op Dinsdagoggend ‘n brand in die gesig gestaar nadat elektriese probleme in die bakkery afdeling ontstaan het.
Thaba Spar het op Dinsdagoggend ‘n brand in die gesig gestaar nadat elektriese probleme in die bakkery afdeling ontstaan het.

THABAZIMBI – ‘n Brand het op Dinsdagoggend om 05:04 van 4 Augustus in Thaba Spar se bakkery afdeling, as gevolg van ‘n elektriese probleem, ontstaan.
Thaba alarms se monteringsbeheerkamer se personeel het die alarmsein van Thaba Spar ontvang. ‘n Minuut later het die reaksie personeel op die perseel aangekom en gerapporteer dat daar rook uit die gebou kom. Die moniteerder aan diens, Gerrie Grobler, het onmiddellik die sleutelhouer, brandweer en SAP ontbied. Met oopsluiting van die perseel was daar redelike intense vlamme in die bakkery afdeling van die gebou. Thaba Alarms se reaksie personeel, Klaas en Shane, het dadelik die beskikbare brandblussers gebruik om die vlamme sover moontlik te blus. Die brandweer het met hulle gevorderde toerusting die vlamme geblus. Die spoedige optrede van alle relevante persone by Thaba Spar se brand voorval, het deur hul optrede en flinke denkwyse verhoed dat die res van Spar en aangrensende geboue ook aan die brand slaan. Die struktuur van die gebou is ongedeurd, maar die hele winkel moes ontruim word weens beskadigde bederfbare voorraad. Hannes Coetzee, eienaar van Thaba Spar, bedank graag almal betrokke by die brandvoorval by name, Gerrie Visagie van Verkeer asook die span verkeersmanne, Thaba Alarms se Gerrie, Shane en Klaas, Neels van Brandweer en die SAP se konsts Mukwevho en Makwarela asook stasiebevelvoerder Supt Mantjane en al die ander polisiemanne vir hulle hulp tydens die brand, volgens Hannes is dit sulke mense in die gemeenskap waarop staatgemaak kan word. Thaba Spar verskuif oor ongeveer 4 weke na ‘n gedeelte van die nuwe Spar perseel. Nog nuus aangande die nuwe Spar sal nader aan die tyd geplaas word, hou Die Kwêvoël dop.