Tokreen demonstrasie vir VLU dames
THABAZIMBI – Die lede van die VLU Thabazimbi het op 9 Julie by die KunsteGrot vergader waartydens Pam Botha ‘n tokreen demonstrasie aangebied het.
Leë plastiekhouers, blikkies, bottels, sneesdoekhouers en vele meer kan versier word met lap, tou, kunsblomme, sade en so meer en dan met tokreen geverf word. Die eindproduk, volgens die dames, is absoluut ongelooflik.
Jakkie Vos het ook vir die dames gewys hoe maklik dit is om Indiese kettingsteek te bordeer. ‘n Sier kussingsloop met dié borduurwerk is een van die kompetisie artikels vir 2010. Die tak se volgende vergadering is op 13 Augustus op 09:00 by die KunsteGrot. Belangstellendes kan Liz van Tonder by 084 436 4429 skakel.