Rus in vrede Ouma Julie

Ouma Julie Duvenhage
Ouma Julie Duvenhage

THABAZIMBI – Ouma Julie Duvenhage wat slegs onlangs ‘n inwoner van Thabazimbi geword het, is op Woensdag 22 Julie oorlede.
Ouma Julie is oorspronklik van Johannesburg afkomstig, maar het die afgelope 8 jaar in Pietersburg gewoon en het saam met haar dogter in November 2008 na Thabazimbi verhuis. In die sewe maande wat ouma Julie hier gewoon het, het sy hierdie dorp baie lief gekry. Sy was gaande oor die natuur, berge en omgewing en was baie gelukkig hier in Thabazimbi. Ouma Julie is op Dinsdag 28 Julie in Johannesburg begrawe. Sy laat haar kinders en kleinkinders, wie haar baie gaan mis, agter.
Die familie bedank graag vir Drs Wayne Bester, Jaco en Mart-Marié Marais en al die personeel vir hul opregte, aanhoudende poging om ouma terug te bring.