General

Danie Greeff

Danie Greeff sal onthou word vir sy veggees. “Ek het voluit probeer leef, ek het gedoen wat ek kon en ek het dit probeer goed doen.”
Danie Greeff sal onthou word vir sy veggees. “Ek het voluit probeer leef, ek het gedoen wat ek kon en ek het dit probeer goed doen.”

Danie Greeff, ‘n alombekende boer in die Thabazimbi omgewing, is op Donderdag 2 Julie 2009 oorlede. Sy begrafnis is op 7 Julie uit ‘n stampvol NG Kerk te Thabazimbi gehou.
Danie het as kind groot geword in Vanderbijlpark en het later aan die Universiteit van Potchefstroom sy MSc graad behaal. In 1970 verwerf die kranige stoeier sy springbokkleure in stoei.
Danie en Ronel is in 1974 getroud, waarna hul besluit het om in Thabazimbi-omgewing te kom boer. Uit die huwelik is hul drie seuns, Louis, Rudolph en Danie gebore.
Danie word in Desember 1998 met bloedkanker gediagnoseer waarna hy in 2004 ‘n stamsel oorplanting ondergaan en met die genade van God het dit meegebring dat hy genees was van kanker tot sy dood toe. In die laaste dae het algehele verwerping ingetree en dit het tot sy dood gelei.
Danie sal altyd onthou word vir sy veggees. Hoe hy positief gebly het deur tye wat dit moeilik gegaan het en hy keer op keer moes teruggaan hospitaal toe. Hy sal ook onthou word vir sy kennis oor die Bosveld, sy ongelooflike liefde vir die natuur en sy diere.
Hy laat sy vrou Ronel, drie seuns en drie kleinkinders agter.
Die Greeff-gesin bedank graag almal, sonder enige uitsondering, vir die ondersteuning van die laaste 12 jaar van Danie se siekte en spesiaal vir die laaste drie weke. Ook vir al die besoeke, oproepe en boodskappe wat ons ontvang het. Die gemeenskap se ondersteuning, wat die gesin help dra het in hierdie moeilike tyd, word hoog op prys gestel.