Allemintige wen met Bogey
THABAZIMBI – By die Thabazimbi Gholfklub is daar verlede Saterdag Bonus Syferspel (Bogey) gespeel. Die wenner op ‘n allemintige (+9) was Francois Cilliers. Tweede met (+5) was dit Heinrich Penzhorn met Harry Bense (+1) en Nita Barnard (0) die ander wenners. Die klub se ligaspan het op Zebula gelykop gespeel teen die span van Brits. Die manne wat daar gespeel het, was Eugene Oberholzer, Sarel Marais, Barend Gerber, Billy Pring, Nico van der Westhuizen, Ettiene le Roux, Chris Bronkhorst en Johan Barnard. Die grootste pyn met borgdae is gewoonlik die uitgerekte en soms rumoerige prysuitdeling sessie na die spel. Dan is daar deesdae ook nog net so’n frusterende veiling na die prysuitdeling. Die komitee kan gerus Johan Botha se artikel in Augustus se “Compleat Golfer” op bladsy 25 lees. Hy is baie uitgesproke oor die onding en sê dit wat baie gholfspelers graag wil hoor. Saterdag 1 Augustus skop weer af met die maandelikse Slagspel. Die weeklikse Sonsakker wat deur Pick’n Pay geborg word met die Jolee gelukkige trekking is ook steeds aan die gang.